From Wikipedia, the free encyclopedia
Ürümqi (Oeigoers: ئۈرۈمچى, [ʏrʏmˈtʃi]; Chinees: 乌鲁木齐, Pinyin: Wūlǔmùqí; Mongools: Үлэмжийн Хот / ᠦᠯᠡᠮᠴᠢ ᠢᠨ ᠬᠣᠲᠠ) is die hoofstad en grootste stad van die Chinese outonome gebied Xinjiang met 'n bevolking van 3 110 280 in 2010. Sowat 75% van die bevolking is Han-Chinese, gevolg deur 12,5% Oeigoere en 9% Hui-Chinese.
Ürümqi | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 43°49′30″N 87°36′00″O | |
Land | Volksrepubliek China |
Outonome gebied | Xinjiang |
Regering | |
• Burgemeester | Zhu Hailun |
• Kommunistiese Party van China Sekretariskomitee | Jerla Isamudin (吉尔拉·衣沙木丁 / جەرۇللاھ ھېسامىدىن) |
Oppervlak | |
• Stad | 10 989 km2 (4 243 vk. myl) |
• Stedelik | 828 km2 (320 vk. myl) |
• Metro | 4 422 km2 (1 707 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 3 110 280 |
• Digtheid | 280/km2 (730/vk. myl) |
• Stedelik | 2 744 280 |
• Stedelike digtheid | 620/km2 (1 600/vk. myl) |
• Metro | 2 302 146 |
• Metrodigtheid | 2 800/km2 (7 200/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Poskode | 830000 |
Skakelkodes | 991 |
Webwerf | urumqi.gov.cn |
Die stad is geleë in die noordweste van die Volksrepubliek China, suidoos van Kasakstan en suidwes van Mongolië. Die stad grens in die suide aan die Tiensjan-gebergte. Ürümqi is dié stad – met 'n bevolking van meer as een miljoen – wat die verste van 'n oseaan of seë afgeleë is. Dit is die belangrikste stad van die streek Dsjoengarye en die grootste stad van Sentraal-Asië.
Die naam van die stad word uitgespreek as uruumtsjié en beteken "pragtige weiding" in Mongools.[1] Ürümqi was tydens die Tang-dinastie 'n belangrike stad aan die syroete en tydens die Qing-dinastie 'n belangrike kulturele en kommersiële sentrum. Die stad is nou die grootste stad in die weste van die Volksrepubliek China. Dit het tydens die 1990's 'n sterk ekonomiese groei ervaar en vorm 'n plaaslike vervoerknooppunt asook kulturele en kommersiële sentrum. Die spoorlyn tussen Almati en Beijing loop deur Ürümqi.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.