Ч
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ч (kleinletter: ч) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet wat onder meer in Russies, Serwies en Bulgaars gebruik word. Dit word uitgespreek as [t͡ɕ] of [t͡ʃ] (Afrikaans: tsj). In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam tsjrf (чрьвь) en het dit ’n syferwaarde van 90 gehad.