Map Graph

Oranjemund

Oranjemund is 'n diamantmyndorp in die mees suidwestelike hoek van Namibië, 10 km noord van Alexanderbaai in die Noord-Kaap. Dit bly een van die wêreld se vernaamste diamantsentrums. Dit is in 1944 gestig om werkers te huisves van die mynboumaatskappy wat daar bedrywig is. Groente en blomme word hier verbou deur moderne besproeiingsmetodes omdat die omliggende gebied te dor is om landbou te onderhou. Die dorp is merkwaardig omdat gemsbokke in die strate rondloop en soms die verkeer ontwrig. Die geskatte bevolking in 2006 was 8 538, wat dit die 18de grootste dorp in Namibië gemaak het.

Read article
Lêer:Oranjemund,_Namibia_(2019).jpgLêer:Namibia_location_map.svg