Woolworths

From Wikipedia, the free encyclopedia

Woolworths

Woolworths is 'n Suid-Afrikaanse winkelgroep wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is. Die winkelgroep is deur Max Sonnenberg saam met sy seun Richard, en Fred Kossuth gestig. Die eerste Woolworthswinkel is in Oktober 1931 in die Ou Royal Hotel in Kaapstad geopen. In 2012 het die groep landwyd 20 000 permanente werknemers in hul 400 winkels gehad.[2] Die Suid-Afrikaanse Woolworths het geen assosiasie met die Australiese Woolworths supermarkketting nie.

Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Woolworths
Tipe Korporasie
Gestig 1931
Hoofkantoor Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
SleutelpersoneNorman Adami (voorsitter en besturende direkteur)[1]
Gebied bedienSuid-Afrika, Australië
IndustrieKleinhandel
ProdukteKlere, skoene, bybehore, kruideniersware, skoonheidsprodukte, huisware en finansiële dienste.
InkomsteR21,922 miljard (2009)
BedryfsinkomsteR163,7 miljoen (2009)
Netto inkomsteR667,3 miljoen (2009)
Werknemers18 563 (net Suid-Afrika)
Moedermaatskappygenoem na F. W. Woolworth Company maar onafhanklik
DivisiesWoolworths (Proprietary) Limited, Country Road (Australië), Woolworths Finance
Webwerfwoolworthsholdings.co.za
woolworths.co.za
Sluit
Kitsfeite Simbool, Goedgekeur ...
Woolworths Holdings
2015-01-11
Thumb
Historiese sluitingsprys

Simbool WHL
Goedgekeur 89 400 000
Uitgereik 88 267 306
Sluitingsprys ZAR 77,52
Beurswaarde ZAR 7 miljard

Aandeelhouers
Staatspensioenfonds 17.22%
Openbare Beleggingskorporasie 17.02%
GIC Private 5.27%
E-Com Investments 16 5.20%
Lazard Asset Management 5.20%
Coronation Asset Management 5.07%

Sluit

Omstredenheid

Thumb
Woolworths in Somerset Mall
Thumb
'n Woolworths in Johannesburg

Bemarking

Die winkelgroep het in 2010 opslae gemaak nadat hulle besluit het om Christelike tydskrifte van hulle rakke te verwyder. Na die publieke ophef en 'n dreigende boikot het hulle aangedui dat die besluit op dalende verkope gebaseer is.[3] Die vyf tydskrifte is later weer op die rakke geplaas.[4] Hulle weier ook om enige Afrikaans in hulle winkels te gebruik.[2]

Rasherrie

In September 2012 het hulle 'n rasherrie ontketen omdat hulle advertensies vir poste wit applikante uitgesluit het.[5][6] Volgens Solidariteit maak die Wet op Gelyke Indiensneming nie voorsiening vir die uitsluiting van enige ras tydens die aansoekproses nie, en het geëis dat dit vir alle rasse oopgestel word.[7] Volgens hul advertensie se herbewoording sou Woolworths "voorkeur gee aan kandidate uit aangewese groepe, in oorleg met ons indiensneming-ekwiteitbenadering".[6]

Bevordering van LGBT onder jeug

In Junie 2023 het Woolworths sowel lof as hewige kritiek van onder meer Christen- en Moslem-groepe ontvang vir bemarking van klerasie met LGBTQIA+-ontwerpe aan jong klante.[8] In reaksie het Woolworths 'n verklaring uitgereik waarvolgens hulle geweier het om hulle van die veldtog as 'n integrale bydrae tot Pride-maand te distansieer.[9] Woolworths het hulself verder aangedui as 'n verskaffer van goedere in plaas van 'n morele of maatskaplike kompas. Deur kritici is Woolworths onder meer verwyt dat hulle 'n "bose generasie in 'n Christenland" sou bevorder, terwyl ander die "Be an Ally"-veldtog en -slagspreuk lof toegeswaai het.[8]

Marks and Spencer

Woolworths Suid-Afrika skoei hul handelsmerk openlik op die Britse Marks and Spencer kleinhandelkonsep. Marks and Spencer word tipies binne die Woolworths-organisasie aangewend as 'n riglyn wat modernisering van winkeltemas en -handelsmerke betref, benewens die uitleg van winkels.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.