Haai wat rondom die Suid-Afrikaanse kus voorkom en in alle oseane van die wêreld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die withaai (Carcharodon carcharias) (ook bekend as witdoodshaai of witdoodhaai) is 'n haai wat rondom die Suid-Afrikaanse kus voorkom, maar ook in alle oseane van die wêreld aangetref word. Hulle word as gevaarlik beskou, hoewel die mens nie hulle verkose prooi is nie. Om hulle reputasie as 'n "mensvreter" te weerlê, word die naam withaai bo die tradisionele witdoodshaai deur baie natuurliefhebbers verkies.[1][2] Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Withaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Carcharodon A. Smith, 1838 |
Spesie: | C. carcharias |
Binomiale naam | |
Carcharodon carcharias (Linnaeus, 1758) | |
Verspreiding in blou |
Die haai is normaalweg 3 m lank, maar kan langer as 6 m word en weeg dan 1,2 ton. Dit het baie bekend geraak in die reeks Jaws-rolprente. In Engels staan die vis bekend as die great white shark en in Nederlands as die witte haai of mensenhaai.
Die haai is algemeen rondom Kaapstad en word ook by KwaZulu-Natal waargeneem. Daar is baie televisieprogramme van Discovery en National Geographic Channel wat die haaie in Suid-Afrika vertoon.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.