Witborskormorant

Voëlspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Witborskormorant

Die witborskormorant of witborsduiker (Phalacrocorax lucidus) is 'n watervoël, hoofsaaklik kuslewend, wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom, asook binnelands, hoofsaaklik op damme en mere. In Engels staan die voël bekend as die white-breasted cormorant.

Thumb
Kormorant by Plettenbergbaai, Suid-Afrika

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Witborskormorant
Thumb
Witborskormorant by die Naivashameer in Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. lucidus
Binomiale naam
Phalacrocorax lucidus
(Lichtenstein, 1823)
Thumb
Verspreiding met uitsondering van geïsoleerde noordelike en westelike bevolkings[1]

      broeigebiede        swerfgebiede

Sluit

Voorkoms

Hierdie kormorant het 'n donkerbruin rugkant en stert, wit keel en bors terwyl alle vlerkvere swart rande het. Die onvolwassenes is 'n effens ligter bruin van kleur sonder enige wit op die bors.

Habitat en gewoontes

Hulle kom veral voor by riviermondings, strandmere, eilande en binnelandse waters. Die voëls kan enkellopend wees of in swerms voorkom. Hulle sit graag op takke of stompe met die vlerke uitgestrek om droog te word. Hulle vreet hoofsaaklik vis en maak nes in kolonies op rotslyste, in bome of op die grond.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.