From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Walliesers (Engels: Welsh people, Wallies: Cymry) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Wallis en die omliggende eilande wat met die Walliese taal verband hou. Dié taal is histories in die hele Wallis gepraat, met sy voorganger Oud-Brits wat in die grootste deel van die Britse vasteland gepraat is. Terwyl Wallies die oorheersende taal in sekere gebiede van Wallis gebly het, is Engels die oorheersende taal in die meeste gebiede van dié land.
Walliesers | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 6–16,3 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Wallis 2,9 miljoen[1][2] Verenigde State 1,75–1,81 miljoen[3] |
Taal: | Engels, Wallies |
Geloofsoortuiging: | Presbiterianisme, Anglikanisme, Rooms-Katolisisme[11] en ander gelowe. |
Verwante etniese groepe: | Ander Keltiese volke soos Bretonners, Iere, Korniese en Skotte; Engelse, Yslanders en Wikings |
John Davies beweer dat die oorsprong van die "Walliese nasie" teruggevoer kan word tot die einde van die 4de en vroeë 5de eeu, na die onttrekking van die Romeine uit Groot-Brittanje,[12] hoewel Kelties-Britoniese tale vermoedelik heelwat vroeër in Wallis gepraat is. Die term Walliesers verwys na Wallis se bevolking en mense van Walliese afkoms wat 'n kulturele erfenis en voorvaderlike oorspronge deel.[13] Vandag is Wallis een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en die meerderheid van die mense wat in Wallis leef is Britse burgers.
In opdrag van die Walliese regering is die verspreiding van die Walliese vanne ondersoek, wat getoon het dat 718 000 mense, of omtrent 35% van Wallis se bevolking, oor 'n van met Walliese oorsprong beskik, in vergelyking met 5,3% in die res van die Verenigde Koninkryk, 4,7% in Nieu-Seeland, 4,1% in Australië en 3,8% in die Verenigde State. Sowat 16,3 miljoen mense in die lande wat ondersoek is, is ten minste van gedeeltelike Walliese afkoms.[14] Volgens die sensus van 2011 woon meer as 300 000 Walliesers in Londen,[15] waarvan 1 310 Wallies praat.[16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.