Wêreldhandelsorganisasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO; Engels: World Trade Organization, WTO; Frans: Organisation mondiale du commerce, OMC; Spaans: Organización Mundial de Comercio, OMC) is 'n internasionale organisasie met sy hoofkantoor in Genève, Switserland, wat met die regulering van handel en ekonomiese verhoudings besig is.


Lidlande
Lidlande, tweeledige verteenwoordiging deur die Europese Unie
Waarnemers
Nielede

Die Wêreldhandelsorganisasie is die opvolger van die Algemene ooreenkoms op tariewe en handel (GATT), wat van 1948 tot 1994 bestaan het. Die Wêreldhandelsorganisasie is op 15 April 1994 in Marrakesj, Marokko, gestig en op 1 Januarie 1995 dit sy werk opgeneem. Die amptelike tale is Engels, Frans en Spaans.
Die Wêreldhandelsorganisasie is saam met die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank die belangrikste internasionale ekonomiese organisasies, wat handel- en ekonomiese-beleid in die globale spektrum onderhandel. Die Wêreldhandelsorganisasie bestaan uit 164 lidlande, met Engels, Frans en Spaans as sy voertale.[1]
Sekretaris-generaals
Vanaf 1 Januarie 1948 tot 1 Januarie 1995 het die Algemene ooreenkoms op tariewe en handel bestaan.[2]
- Ngozi Okonjo-Iweala (Nigerië) sedert 15 Februarie 2021
- Roberto Azevêdo (Brasilië) 1 September 2013 – 31 Augustus 2020
- Pascal Lamy (Frankryk) 1 September 2005 – 1 September 2013
- Supachai Panitchpakdi (Thailand) 1 September 2002 – 1 September 2005
- Mike Moore (Nieu-Seeland) 1 September 1999 – 1 September 2002
- Renato Ruggiero (Italië) 1 Mei 1995 – 1 September 1999
- Peter Sutherland (Ierland) 1 Julie 1993 – 1 Mei 1995
- Arthur Dunkel (Switserland) 1 Oktober 1980 – 1 Julie 1993
- Olivier Long (Switserland) 6 Mei 1968 – 1 Oktober 1980
- Eric Wyndham White (Verenigde Koninkryk) 1 Januarie 1948 – 6 Mei 1968
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.