From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Noord-Korea is op 8 September 1948 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in blou, rooi en blou met ’n wit fraiing tussen elke baan en wit skyf met ’n rooi ster in die rooi baan.
Bynaam | (ko) 인공기 (af) Volksrepubliekvlag |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 8 September 1948[1] |
Ontwerp | Drie horisontale bane van bo na onder in blou, rooi en blou met ’n wit fraiing tussen elke baan en wit skyf met ’n rooi ster in die rooi baan |
Ontwerp deur | Kim Il Sung, Kim Ju-gyŏng |
Die middelpunt van die skyf en die ster is op ’n derde na die vlagpaalkant van die vlag. Elk van die blou bane is ’n sesde van die hoogte met die fraiings ’n ses-en-dertigste.
Die kleurskema word hieronder gelys:
Blou | Rooi | Wit | |
---|---|---|---|
RGB | 2/79/162 | 237/28/39 | 255/255/255 |
Heksadesimaal | #024fa2ff | #ed1c27ff | #FFFFFF |
CMYK | 99/51/0/36 | 0/88/84/7 | 0/0/0/0 |
Die Noord-Koreaanse vlag se prominente rooi ster is ’n universele simbool van kommunisme[2] maar sedert die aanvaarding van die vlag is die kommunistiese outoriteit as die staat se leidinggewende ideologie vervang met die Marxisme-Leninisme van Juche en verwysings na kommunisme is stelselmatig uit die land se grondwet en regsdokumente verwyder.[3] Die rooi baan stel rewolusionêre tradisies voor terwyl die blou bane soewereiniteit, vrede en vriendskap voorstel. Die wit fraiings stel reinheid voor.
Die webwerf van die Koreaanse Vriendskapvereniging dui egter in teendeel aan dat die rooi ster rewolusionêre tradisies voorstel terwyl die rooi baan die patriotisme en vasberadenheid van die Koreane voorstel. Die wit fraiings stel die verenigde volk en haar kultuur voor en die blou bane stel eenheid voor.[2][4]
’n 270-kg Noord-Koreaanse vlag hang aan die wapper aan die derde hoogste vlagpaal ter wêreld, geleë in Kijŏng-dong aan die Noord-Koreaanse kant van die Militêre Afbakeningslyn binne die Koreaanse Gedemilitariseerde Sone. Die vlagpaal is 160 m hoog.
Die vlag is aanvaar toe die noordelike deel van Korea ’n sosialistiese staat geword het met die ondersteuning van die Volksrepubliek China en die Sowjetunie na die herstel van onafhanklikheid in Korea in 1945. Die vlag is ontwerp deur Kim Tu-bong en het in Julie 1948 die taegukgi vervang.[5][6] Die nuwe vlag het die naam van Volksrepubliekvlag (인공기,Ingonggi) gekry.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.