From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Nepal is op 16 Desember 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n kombinasie van twee rooi vaantjies met ’n blou fraiing en ’n wit son en sekelmaan in die wimpels.
Die karmosynrooi is die kleur van die rododendron, die nasionale blom van Nepal en stel die heldhaftige gees van die Nepalese voor. Rooi is ook die teken van oorwinning in oorlog. Die blou fraiing stel vrede en harmonie voor. Die twee driehoeke stel die Himalaja voor en kan ook verteenwoordigend wees van die twee grootste geloofsgroepe in Nepal, die Hindoeïsme en Boeddhisme.
Die vlag is aanvaar nadat Prithvi Narayan Shah al die klein vorstedomme van Nepal verenig het. In die moderne tyd is die konsep van ’n vlag na ’n ander betekenis herlei. Sedert die tyd van Ramayana en Mahabharata is die driehoekige rooi vlag ’n Hindoeteken van oorwinning. Die uitbeelding van hemelliggame stel duursaamheid voor in die hoop dat Nepal so lank soos die son en maan sal bestaan. Die maan stel voor dat die Nepalese rusgewend en kalm is terwyl die son felle vasberadenheid voorstel. Die maan stel ook die skaduwee en die koel weer van die Himalaja voor waar die son die hitte en hoë temperatuur van die Terai voorstel. ’n Ander interpretasie is dat die vorm van die vlag ’n Nepalese pagode, ’n tradisionele Oosterse boustyl, voorstel, veral wanneer ’n spieël aan die vlagpaal gehou word.
Volgens die geometriese konstruksiewet moet die omskrywende reghoek ’n irrasionele hoogte-breedte-verhouding van 1:1.21901033… hê.[2]
Die vlag is ’n vereenvoudigde kombinasie van twee enkel vaantjies. Tot 1962 het die embleme op die vlag, die son en sekelmaan, gesigte gehad. Dit is in die gemoderniseerde weergawe verwyder. Daar is ’n presiese beskrywing van die Nepalese nasionale vlag in die Grondwet van die Koninkryk Nepal, Artikel 5(1) wat op 9 November 1990 aanvaar is.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.