Viséum

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Viséum is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Mississippium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Meer inligting Periode/ sisteem, Epog/ serie ...

Die Viséum was van sowat 346,7 tot 330,9 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Tournaisium en gevolg deur die Serpukhovium.

Remove ads

Naam en definisie

Die etage is genoem na die Belgiese stad Wezet (Frans: Visé). Die basis van die Viséum word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Eoparastaffella simplex. Die tipeligging vir die basis is naby die stad Pengchong in die suide van China.

Biostratigrafie

In die biostratigrafie word die etage met behulp van Conodonta ingedeel in die volgende vier biosones:

  • sone van Lochriea nodosa;
  • sone van Lochriea mononodosa;
  • sone van Gnathodus bilineatus;
  • sone van Gnathodus texanus.

Die Mississippium word daarnaas op basis van Foraminifera ingedeel in biosones.

Remove ads

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads