Yushui
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Yushui (Chinees: 雨水, pinyin: yǔ shuǐ) of usui (Japannees:雨水) is die tweede sontermyn en die tyd wanneer die sneeu begin smelt. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 330° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 345° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op lengtegraad 330° is. Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 18 Februarie (19 Februarie volgens Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 5 Maart.
Remove ads
Pentades
Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. In China is die pentades van yushui:
- Eerste pentade: Otters offer vis (獺祭魚). Otters vang vis wat stroomop swem en daar word geglo hulle offer die vis aan die hemel.
- Tweede pentade: Die wildeganse arriveer (鴻雁來).
- Laaste pentade: Bome en gras stoot hul lote uit (草木萌動).
Eksterne skakels
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads