Tyrannosaurus ("tiran-akkedis") of tirannosourus was ’n genus teropode-dinosourusse. Die spesie Tyrannosaurus rex (rex beteken "koning" in Latyn), gewoonlik afgekort tot T. rex, is ’n gewilde karakter in rolprente en boeke. Dit het voorgekom in wat nou Noord-Amerika is, toe dit nog ’n eilandkontinent met die naam Laramidië was.

Die grootte van verskeie soorte tirannosourides in vergelyking met die mens. (bron)

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Tipe-spesie ...
Tyrannosaurus
Tydperk: Laat Kryt 67–66 m. jaar gelede
Thumb
Die skelet van 'n tirannosourus.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
(Osborn, 1905)
Tipe-spesie
Tyrannosaurus rex
Sluit
Kitsfeite Tyrannosaurus, Kladistiese klassifikasie ...
Tyrannosaurus
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Klade: Theropoda
Familie: Tyrannosauridae
Genus: Tyrannosaurus
(Osborn, 1905)
Sluit

Fossiele is ontdek in ’n verskeidenheid rotsformasies wat terugstrek tot die Maastricht-tydsnede van die Kryt-periode, 67 tot 66 miljoen jaar gelede.[1] Dit was een van die laaste nie-vlieënde dinosourusse wat geleef het voordat hulle in die Kryt-Paleogeen-uitwissing uitgesterf het.

Soos ander Tyrannosauridae was Tirannosaurus ’n tweevoetige karnivoor met ’n enorme skedel wat gebalanseer is deur ’n lang, swaar stert. In vergelyking met sy kragtige agterpote was sy voorpote klein met net twee vingers. Hoewel sommige ander teropodes groter was, is Tirannosaurus rex die grootste bekende Tyrannosauridae en een van die grootste landroofdiere. Die grootste ontdekte fossiel was 12,3 m lank[2] en het tot 6,8 ton geweeg.[3] T-rex kon tot 32 km/h hardloop en een tree kon tot 4,5 meter lank wees.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.