Tomsk-oblast
federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Tomsk-oblast (Russies: Томская область; Tomskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die suidooste van die Wes-Siberiese Vlakte, in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik. Die ontwikkeling van die gebied het vroeg in die 17de eeu begin en die stad Tomsk is in 1604 gestig. Die grootste deel van die oblast is moeilik bereikbaar weens taiga, bosse en moerasse. Die streek grens aan die Krasnojarsk-krai en die oblaste Tjoemen, Omsk, Nowosibirsk en Kemerowo.
Tomsk-oblast Томская область | ||||
Die ligging van Tomsk-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Siberiese | |||
Ekonomiese streek | Wes-Siberiese | |||
Stigting | 13 Augustus 1944 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Tomsk | |||
Leier | Sergei Zjwatsjkin | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Doema | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 1 047 394 | |||
Volgorde | 50ste | |||
Digtheid | 3,31/km2 | |||
Stedelik | 70,2% | |||
Plattelands | 29,8% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 316 900 km2 | |||
Volgorde | 16de | |||
Tydsone | UTC+07:00 | |||
Registrasienommer | 70 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.tomsk.gov.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Tomsk-oblast is ryk aan grondstowwe soos olie, aardgas, turf en ondergrondse water. Sowat 20% van die Wes-Siberiese bosse is in dié oblast. Die nywerheid sorg vir byna die helfte van die BNP, landbou dra 19% by en konstruksie 13%. Die chemiese en olienywerheid is die beste ontwikkel in die streek, gevolg deur masjienbou. Die belangrikste uitvoerprodukte is olie (62,1%), metanol (30,2%), masjiene en uitrusting (4,8%).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.