Nowosibirsk-oblast
federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Nowosibirsk-oblast (Russies: Новосиби́рская о́бласть, Nowosibirskaja oblast) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Nowosibirsk.
Nowosibirsk-oblast Новосибирская область | ||||
Die ligging van Nowosibirsk-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Siberiese | |||
Ekonomiese streek | Wes-Siberiese | |||
Stigting | 28 September 1937 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Nowosibirsk | |||
Leier | Andrei Trawnikof | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Raad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 2 665 911 | |||
Volgorde | 16de | |||
Digtheid | 14,96/km2 | |||
Stedelik | 77,3% | |||
Plattelands | 22,7% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 178 200 km2 | |||
Volgorde | 18de | |||
Tydsone | UTC+07:00 | |||
Registrasienommer | 54 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.nso.ru | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Nowosibirsk-oblast lê in die suidooste van die Wes-Siberiese Vlakte, tussen die riviere Ob en Irtisj. Dit grens aan Omsk-oblast in die weste, Tomsk-oblast in die noorde, Kemerowo-oblast in die ooste en Altai-krai en Kazachstan in die suide. Dit strek oor meer as 600 km van oos na wes en 400 km van noord na suid.
Dit bestaan hoofsaaklik uit vlaktes; in die suide kom veral steppe voor en in die noorde woude en moerasse. Daar is baie mere – die grootstes is Tsjani, Sartlan en Oebinskoje.
Die streek het baie olie- en gasreserwes, verskeie metale asook antrasiet en steenkool. Mineraalwaterreserwes is sowat 6 948 kubieke meter per dag; die gewilde Karachinskaya-mineraalwater kom uit dié streek.[1]
Weens die 4 531 800 hektaar woude is hout ook ’n belangrike produk, maar die ekonomiese potensiaal daarvan word belemmer deur die feit dat die meeste van die woude in die noorde lê, in gebiede wat moeilik bereikbaar is.[1]
In die Middeleeue is die streek deur Siberiese Tatare en Teleute bewoon. Weens aanhoudende strooptogte deur nomadiese Kalmukke tydens die eerste eeue van die verkenning van Siberië het die toekomstige Nowosibirsk-oblast nie baie Russiese koloniste gelok nie; hulle het verkies om hulle naby die meer noordelike Tomsk te vestig. Die eerste Russiese dorpie, Maslianino, is in 1644 gestig. In 1716 het offisier Iwan Boetkejef die Berd-fort gebou wat later die stad Berdsk geword het. Dit was die hoofsentrum van die toekomstige kolonisasie en ontwikkeling in die streek. Soos baie ander dele van Siberië het die gebied ’n veilige hawe vir politieke andersdenkendes, vlugtende slawe en godsdienstige sektes van oor die hele Rusland geword.
Vir die grootste deel van die gebied se geskiedenis het dit onder die Tomsk-administrasie geval, aanvanklik as deel van die Tomsk-afdeling van die Tobolsk-goewernoraat en later, van 1804 af, van die aparte Tomsk-goewernoraat. Die ommekeer in die geskiedenis van die streek het plaasgevind met die bou van die Transsiberiese en die Turkestan-Siberiese Spoorlyn. Nowosibirsk, wat in 1893 gestig is en toe as Nowonikolajefsk bekend was, het die middelpunt van vervoer geword en ander groot Siberiese stede soos Omsk en Tomsk in net ’n paar dekades vebygesteek. In 1920 is die hoofstad van die Tomsk-goewernoraat na Nowonikolajefsk geskuif en in 1921 is die Nowonikolajefsk-goewernoraat gestig.
In 1925 is die meeste van die Siberiese goewernorate as die Siberiese Krai verenig, met Nowosibirsk as hoofstad. In 1930 is dit verdeel in die Wes-Siberiese Krai (Nowosibirsk) en Oos-Siberiese Krai (Irkoetsk). Die Nowosibirsk-oblast is eindelik op 28 September 1937 gestig. Kemerowo- en Tomsk-oblast het eers in 1943-1944 daarvan afgestig.
Volgens die 2002-sensus bestaan 93% van die bevolking uit Russe. Daar is ook Duitsers (1,8%), Oekraïners (1,3%), Tatare (1%) en ’n paar ander volke wat elk minder as 1% van die bevolking uitmaak.
Die grootste stede is Nowosibirsk (met ’n bevolking van 1 379 000), Berdsk (91 900), Iskitim (63 800) en Koeibisjef (48 500).[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.