Sowjet turboskroef passasiersvliegtuig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Toepolef Tu-114 Rossiya (Russies: Tyполев Тy-114 Poccия) (NAVO-kodenaam: Cleat) is 'n turboskroefaangedrewe langstrekpassasiersvliegtuig wat ontwerp is deur Toepolef. Dit is in die Sowjetunie gebou sedert 1956. Dit is die wêreld se eerste en enigste turboskroefvliegtuig met swiepvlerke.[1] Op sy tyd was dit die grootste en vinnigste passasiersvliegtuig en het die langste togafstand gehad, naamlik 10 900 km. Dit is sedert 1960 die amptelike rekordhouer as die vinnigste skroefaangedrewe vliegtuig.[2][3]
Toepolef Tu-114 | |
---|---|
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Tupolev OKB |
Nooiensvlug | 15 November 1957[1] |
Bekendstelling | 24 April 1961 |
Onttrek | 1991 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | Aeroflot Japan Airlines in samewerking met Aeroflot Sowjetlugmag |
Vervaardig | 1958–1963 |
Aantal gebou | 32 |
Ontwikkel van | Toepolef Tu-95 |
As gevolg van sy swiepvlerke en enjinontwerp kan die Tu-114 snelhede haal soortgelyk aan tipiese moderne straalvliegtuie, tot 880 km/h. Dit het 228 passasiers gedra toe dit deur Aeroflot bedryf was, maar daar was meestal voorsiening gemaak vir 170 passasiers met slaapbanke en eetgeriewe.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.