From Wikipedia, the free encyclopedia
Therizinosauria (of Segnosauria) was teropode-dinosourusse. Fossiele is in rotsformasies uit die Vroeë tot Laat Kryt-periode gevind in Mongolië, China en westelike Noord-Amerika. Hulle het verskeie eienskappe van die voorpote, skedel en pelvis gemeen gehad.
Therizinosauria | |
---|---|
’n Gerekonstrueerde skelet van Nothronychus mckinleyi. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | Therizinosauroidea |
Familie: | Therizinosauria (Maleev, 1954) |
Therizinosauria | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
| ||||||||||||
Die naam is afgelei van die Griekse therizo, "skeur" of "afsny", en sauros, "akkedis". Die ouer naam Segnosauria is afgelei van die Latynse segnis, "stadig", en die Griekse sauros.
Terisinosouriërs het baie kenmerkende, dikwels verwarrende eienskappe. Hul lang nekke, breë torso's en agterpote met vier tone wat gebruik word om te loop, laat hulle baie soos prosouropodes lyk. Hul unieke heupbene, wat agtertoe wys en gedeeltelik vergroeid is, het paleontoloë aanvanklik laat dink aan die "voëlheup"-Ornithischia. Van hulle het enorme kloue voor wat tot ’n meter lank kon wees. Hulle was hoofsaaklik plantvreters wat hul lang kloue gebruik het om blare en takke te skeur.[1]
Uit velafdrukke word afgelei hulle was bedek met donsagtige vere, sowel as ander, langer vere wat moontlik vir vertoon gebruik is.[2] Terisinosouriërs het baie gewissel in grootte, van die klein Beipiaosaurus van 2,2 m tot die reusagtige Therizinosaurus van sowat 10–12 m.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.