Bonifatius VII[1][2] gebore Franco Ferrucci die seun van Ferrucius was 'n teenpous van die Rooms Katolieke Kerk eers in 974 en later weer van 984 tot 985. Hy het die steun van die adellike familie die Crescentii gehad.

Kitsfeite Geboortenaam, Sterfdatum ...
Teenpous Bonifatius VII
Geboortenaam Franco Ferrucci
Sterfdatum 20 Julie 985
Sterfplek Rome
Teenpous van 1. Pous Benedictus VII
2. Pous Johannes XIV
Periode 1 Junie of Julie 974 tot Augustus 974
Periode 2 984 tot 985
Sluit

Biografie

Bonifatius[3] het sy voorganger Pous Benedictus VI in 974 gevange geneem en (laat?) verwurg [4] 'n Volksopstand het hom gedwing om nog dieselfde jaar na Konstantinopel te vlug met 'n groot hoeveelheid waardevolle skatte van die Vatikaan. In 984 keer hy terug en set die nuwe pous Pous Johannes XIV gevange in die Engeleburg waar Johannes na vier maande sterf weens vergiftiging, ondervoeding en/of mishandeling. Na 'n kort bewind word Bonifatius in 985 self vermoor. Sy naakte liggaam word deur die strate van Rome gesleep. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XV.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.