Taeniodonta is 'n uitgestorwe suborde van die soogdiere.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Families ...
Taeniodonta
Tydperk: Laat JuraHoloseen, Laat Kryt–Laat Eoseen
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Cimolesta
Suborde: Taeniodonta
Families
  • Conoryctidae
  • Stylinodontidae
Sluit

Fossiele van hierdie groep word in die Laat Kryt en Paleogeen (Laat Eoseen) van Noord-Amerika gevind. Die vroegste een wat gevind is, is Schowalteria van die Laat Kryt in Alberta, Kanada. Die laaste een is Stylinodon uit die Eoseen. Die Taeniodonta was een die eerste groepe wat in die Paleoseen groot vorms opgelewer het. Daar is twee families:

  • Conoryctidae: Onychodectes, Conoryctes, Conoryctella, Huerfanodon
  • Stylinodontidae: Wortmania, Schochia, Psittacotherium, Ectoganus, Stylinodon

Die Stylinidontidae was groter as die Conoryctidae: so groot as 'n vark of selfs 'n beer. Hulle het groot slagtande en sterk kloue gehad en dalk na wortels gegrawe. Die Conoryctidae was primitiewer en dalk insektivoor of omnivoor.

Taksonomie

'n Kladistiese ontleding deur Weinstein (2009) [1] toon dat die Taeniodonta 'n monofiletiese groep is wat uit die Cimolesta voortgekom het. Die posisie teenoor die huidige soogdiere (die kroon-plasentale) is minder duidelik.

Die Taeniodonta ontbeer sinapomorfieë wat die kroongroepe kenmerk.

Eutheria

kroongroepe ? Laurasiatheria?


Cimolesta

Cimolestes


Taeniodonta

Conoryctidae



Stylinidontidae





Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.