Die Swartkol-kurper (Microctenopoma intermedium) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, die boonste en onderste gedeeltes van die Zambezirivier, St. Lucia en die suidelike sytakke van die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Blackspot climbing perch.
Swartkol-kurper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. intermedium |
Binomiale naam | |
Microctenopoma intermedium (Pellegrin, 1920) | |
Voorkoms
Die vis het 'n elipsvormige lyf met 'n gepunte kop en 'n klein bek. In die bek is skerp, konies gevormde tande. Die vis is normaalweg donkerbruin of swart en daar is donker strepe wat uitstraal van die oë. Op die lyf is 7 -1 3 donker, vertikale bane met 'n swart kol op die basis van die stertvin. Daar is wit strepe in die dorsale en anale vinne. Mannetjies wat broei word pers met donker strepe. Die vis word 55 mm lank.
Habitat
Die vis leef in vlak water in redelike digte plantegroei van riviere, mere en kanale van moerasse en vloedvlaktes. Hulle vreet insekte en ander klein organismes. Die mannetjies bou 'n nes vol lugborrels wat op die water se oppervlak dryf waaronder hulle paar. Die eiers dryf en word in die nes bewaar deur die mannetjie.
Sien ook
Eksterne skakel
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.