From Wikipedia, the free encyclopedia
Stephen Joel Albert (6 Februarie 1941 – 27 Desember 1992)[1] was 'n Amerikaanse Komponis.
Stephen Joel Albert | |
---|---|
Gebore | 6 Februarie 1941 |
Sterf | 27 Desember 1992 |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Hy is gebore in New York Stad en het as jongeling sy musikale opleiding op die klavier, Franse horing en trompet begin. Hy het eerstens komposisie op die ouderdom van vyftien gestudeer saam met Elie Siegmeister,[2] en het twee jaar later ingeskryf by die Eastman Musiekskool waar hy saam met Darius Milhaud en Bernard Rogers (1958–1960) gestudeer het.
Na lesse in komposisie in Stockholm met Karl-Birger Blomdahl, het Albert saam met Joseph Castaldo by die Philadelphia Musiekakademie gestudeer (BM 1962); en in 1963 het hy saam met George Rochberg gewerk by die Universiteit van Pennsilvanië.
In 1965 het hy 'n Rome Beurs/Prys gewen om te studeer in Rome by die Amerikaanse Akademie in Rome.[3]
Van 1985 tot 1988 het hy gewerk as die Seattle Simfonieorkes se Komponis in residensie.[1][4]
Van sy noemenswaardige studente sluit Daniel Asia in.
Albert het gesterf tydens 'n motorvoertuig ongeluk in Truro, Massachusetts by Cape Cod op 27 Desember 1992.[5][6][7]
Stephen Albert het in 1985 die Pulitzerprys vir Musiek gewen vir sy Simfonie No. 1 (Albert)''RiverRun''.[5][6] Hy het postuum in 1995 'n Grammy gewen in die kategorie vir Beste Kontemporêre Komposisie vir sy Tjelloconcerto (Albert) soos opgevoer deur Yo-Yo Ma[8] in 'n 1990 opname met die Baltimore Simfonieorkes, wat gedirigeer was deur David Zinman.[9]
Aaron Jay Kernis het sy 1993 komposisie vir klavierkwartet, Still Movement with Hymn ter herinnering aan Albert opgedra.[10]
Die stadige beweging van Christopher Rouse (komponis) se 1994 Simfonie No. 2 (Rouse) is ook opgedra aan die herinnering van Albert, wat 'n kollega en nabye vriend van Rouse was.[11]
'n Aantal van sy werke was gebaseer op James Joyce se tekste, insluitende "Tapioca Pudding," "Winter Canticle", en "Ecce puer" van Joyce se gedig met dieselfde naam.[12]
Sy bekende Tjelloconcerto (Albert) het begin as 'n versoek deur die Baltimore Simfonieorkes in 1987 vir 'n vyftien-minuut orkestrale stuk. In 1988 was die versoek verander na 'n concerto vir Yo-Yo Ma. Die komponis het Ma aangeprys vir sy hulp met die voltooiing van die werk.
Albert het begin met materiaal wat verkry was vanaf twee vroeëre werke van 1988 naamlik, "Anthem and Processionals" en "The Stone Harp." Hy het in 1989 met die komponeer van die werk begin en was in 1990 daarmee klaar. Die buiging van die werk het op 31 Maart 1990 plaasgevind met Yo-Yo Ma as die solis saam met die Baltimore Simfonieorkes, gedirigeer deur David Zinman. 'n Gewysigde weergawe daarvan was deel van 'n 1993 plaat, "The New York Album."[12]
Volgens Yo-Yo Ma was die komposisie "'n tipe van 'n katarsis." Dit het van die stryde in sy lewe geïnkorporeer, insluitende die tydperke waartydens hy gely het aan Skrywersblok asook die dood van sy vader. Die werk is opgedra aan die herinnering van sy vader.[12]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.