Stanford
dorp in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
dorp in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Stanford is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is reeds op 1865 op die plaas Kleinrivier uitgelê. Die plaas het behoort aan kaptein (later Sir) Robert Stanford.
Stanford | |
---|---|
Die ingang na Stanford | |
Koördinate: 34°26′30″S 19°27′20″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Overstrand |
Stigting | 1856[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,92 km2 (1,51 vk. myl) |
Hoogte | 10 m (30 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 4 797 |
• Digtheid | 1 224/km2 (3 170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 9.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 60.3% |
• Swart mense | 29.1% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 65.8% |
• Xhosa | 25.3% |
• Engels | 6.7% |
• Ander | 2.2% |
Poskode (strate) | 7210 |
Poskode (posbusse) | 7210 |
Skakelkode | 028 |
Die R43-provinsiale pad gaan deur Stanford en die buurdorpe is Gansbaai en Hermanus.
Stanford spog ook met 'n mikrobrouery waar vyf soorte bier gebrou word.
Die Salmonsdam-natuurreservaat is naby Stanford. Die natuurreservaat is genoem na kapt. Salmond van die HMS Birkenhead.
Die plaaslike, eklektiese NG kerkgebou is ontwerp deur die argitek Wynand Louw.
Stanford se munisipale raad het in 1989 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In swart, drie silwer klimmende leeus, rooi genael en getong; op 'n silwer skildhoof 'n aronskelk en 'n protea met skuinsgekruiste stingels, alles van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n bokkop, en die wapenspreuk "Deus adjuvat nos".[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.