Smithfield
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Smithfield is 'n dorp in die suide van die Vrystaat, in Suid-Afrika geleë op die Caledonrivier. Die dorp het 'n bevolking van 1 195 (volgens die 2011-sensus).[2] Smithfield is 73 km suidoos van Reddersburg en die N6 nasionale pad gaan deur Smithfield.
Smithfield | |
---|---|
Smithfield se stadsaal | |
Koördinate: 30°12′45″S 26°31′53″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Mohokare |
Stigting | 1849[1] |
Regering | |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,11 km2 (13,17 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 1 195 |
• Digtheid | 35/km2 (90/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 1.8% |
• Swart mense | 85.1% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 61.6% |
• Xhosa | 19.1% |
• Afrikaans | 12.6% |
• Engels | 4.0% |
• Ander | 2.7% |
Skakelkode | 051 |
Smithfield is die derde oudste dorp in die Vrystaat naas Philippolis en Winburg. Die dorp is in 1849 gestig deur sir Harry Smith wat die hoeksteen van die nuwe kerk gelê het op die plaas Waterval van SC Halse. Die plaas was 24 km suidwes van die huidige dorp en erwe is vanaf 1 Desember 1848 verkoop. Die erwe het egter nie verkoop nie omrede die mense geweet het dat water skaars in die omgewing was. Gedurende November van die volgende jaar is erwe op die plaas Rietpoort verkoop. Smithfield het eers in 1948 'n munisipaliteit geword, alhoewel die eerste dorpsraad al in 1860 gestig is.
Die distrik is 2 828 km2 groot. Daar word oorwegend met beeste en skape geboer.
Daar het baie gevegte in die Smithfielddistrik plaasgevind tydens die Basoeto-oorloë. In 1855 het Moshoeshoe en sir George Grey vredesonderhandelinge gevoer in die dorp. Die vrede was egter van korte duur; oorloë het in 1858, 1865 en 1867 gevolg.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.