From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Sluitspier of sfinkter is ’n silindriese spier wat gewoonlik ’n hol orgaan afsluit. Dit trek saam en ontspan as ’n normale deel die fisiologiese werking van die liggaam.
Sluitspiere kom in baie diere voor; daar is meer as 60 soorte in die menslike liggaam – sommige is mikroskopies klein, veral die miljoene wat in ons haarvatstelsel voorkom.[1] Wanneer iemand sterf, ontspan die sluitspiere en kan so vloeistof deurlaat.[2]
Baie sluitspiere word elke dag in die normale verloop van spysvertering en visie gebruik. Die onderste slukdermsluitspier aan die bokant van die maag keer byvoorbeeld dat maagsure en ander maaginhoud in die slukderm opstoot.
Sluitspiere kan verdeel word in anatomiese en funksionele sluitspiere:
Sluitspiere se werking is willekeurig of onwillekeurig, na gelang van die senuwees wat hulle beheer.
Sluitspiere kom onder meer op die volgende plekke in die liggaam voor:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.