From Wikipedia, the free encyclopedia
Sitvlugbal is 'n variant van die saalsport vlugbal.
Die sport word op 'n veld van 6 by 10 meter gespeel (kleiner as die speelveld van vlugbal wat 9 by 18 meter groot is). Die veld word deur 'n net in twee gedeel. Hierdie net is 115 sentimeter hoog vir die mans, en 105 sentimeter vir die dames. Die twee spanne bestaan uit ses spelers elk.
Die spelreëls is grotendeels dieselfde as die van vlugbal, maar spelers moet met hulle bors of sitvlak aan die grond raak tydens die speel van die bal. Dit maak die sport geskik vir mense wat een of beide van hulle bene verloor het.
Sitvlugval word internasionaal beoefen en is ook op die program van die Paralimpiese Spele.
Paralimpiese sporte | |||
---|---|---|---|
Somersporte: 5-per-kant sokker · Bankdruk · Boccia · Doelbal · Handfiets · Paralimpiese atletiek · Paralimpiese boogskiet · Paralimpiese driekamp · Paralimpiese judo · Paralimpiese kanovaart · Paralimpiese roei · Paralimpiese ruitersport · Paralimpiese seilvaart · Paralimpiese skyfskiet · Paralimpiese swem · Paralimpiese tafeltennis · Rolstoelbasketbal · Rolstoelrugby · Rolstoelskerm · Rolstoeltennis · Sitvlugbal Wintersporte: Bobslee · Heg-en-steg-ski · Paralimpiese alpeski · Paralimpiese tweekamp · Rolstolysbal · Sleehokkie · Sneeuplankry Voormalige sporte: 7-per-kant sokker · Basketbal ID · Dartchery · Paralimpiese stoei · Prikslee · Rolbal · Rolstoelresies · Snooker Demonstrasiesporte: Racquetbal |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.