Sittard-Geleen
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sittard-Geleen (Limburgs: Zittert-Gelaen) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Belgiese provinsie Limburg (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met hierdie Vlaamse provinsie) en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 95 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 81 km². Sittard-Geleen is in 2001 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Sittard, Geleen en Born. Eersgenoemde is die administratiewe setel van die nuwe munisipaliteit.
Sittard-Geleen | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die industrie-kompleks Chemelot | |
Ligging van Sittard-Geleen-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 51°00′00″N 5°51′00″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Hans Verheijen (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 80,62 km2 (31,13 vk. myl) |
• Land | 79,05 km2 (30,52 vk. myl) |
• Water | 1,57 km2 (0,61 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 94 533 |
• Digtheid | 1 196/km2 (3 097,6/vk. myl) |
Poskode | 6120-6167 |
Skakelkodes | 046 |
Webwerf | www.sittard-geleen.nl |
Die munisipale gebied vorm die oorgang van die glooiende deel van Limburg na die heuwels van Suid-Limburg. In hierdie gebied het die oudste bewoning van Nederland gewees; Bandkeramiekers het omstreeks 3000 v.C. in die nabyheid van die Geleenbeek gewoon.
By Geleen lê die groot industrie-kompleks Chemelot.
Plekke in die munisipale gebied van Sittard-Geleen:
Abshoven, Born, Broeksittard, Buchten, Daniken,[1] Einighausen, Geleen, Graetheide, Grevenbicht, Guttecoven, Holtum, Limbricht, Munstergeleen, Obbicht, Papenhoven, Schipperskerk, Sittard en Windraak.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.