Finse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Sanna Mirella Marin (gebore 16 November 1985) is 'n Finse politikus wat sedert 10 Desember 2019 as Finland se Eerste minister dien. Sy is 'n lid van die Sosiale Demokrate van Finland, en is sedert 2015 'n lid van die Parlement van Finland. Sy was van 6 Junie 2019 tot 10 Desember 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasie gewees.[1]Sy is tans die wêreld se jongste dienende staatshoof.[2]
Sanna Marin | |
Sanna Marin in 2022 | |
46ste Eerste minister van Finland | |
Ampstermyn 10 Desember 2019 – 20 Junie 2023 | |
President | Sauli Niinistö |
---|---|
Voorafgegaan deur | Antti Rinne |
Opgevolg deur | Petteri Orpo |
Minister van Vervoer en Kommunikasie | |
Ampstermyn 6 Junie 2019 – 10 Desember 2019 | |
Eerste minister | Antti Rinne |
Voorafgegaan deur | Anu Vehviläinen |
Opgevolg deur | Timo Harakka |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Sanna Carolina Marin 16 November 1985 Helsinki, Finland |
Politieke party | Sosiaal-Demokratiese Party |
Kind(ers) | 1 |
Alma mater | Universiteit van Tampere |
Nadat Antti Rinne as eerste minister bedank het, het die Sosiale Demokrate op 8 Desember 2019 vir Marin as hul nuwe kandidaat vir eerste minister aangewys.[3][4] Sy het by bevestiging deur die parlement[5] op 34-jarige ouderdom beide die jongste dienende eerste minister in die geskiedenis geword en Finland se jongste eerste minister. Sy is ook die derde vroulike eerste minster van haar land, na Anneli Jäätteenmäki en Mari Kiviniemi.[6][7][8]
Marin is op 16 November 1985 in Helsinki gebore[9] en het in Espoo en Pirkkala gewoon voordat sy na Tampere verhuis het.[10]
Marin het in 2004 aan Pirkkala Hoërskool op die ouderdom van 19 gematrikuleer.[11] Sy het in 2017 'n meestersgraad in Administratiewe Wetenskappe aan die Universiteit van Tampere verwerf.[1]
Marin het in 2006 by die Sosiaal-Demokratiese Jeugbeweging aangesluit, en van 2010 tot 2012 as die organisasie se eerste vise-president gedien. [12][13]
Marin was 'n kandidaat tydens die Finse munisipale verkiesings van 2008 maar is nie verkies nie.[12][14] Sy het van 2012 af aktief by politiek betrokke geraak.[15] Tydens die Finse munisipale verkiesings van 2012 is sy op 27-jarige ouderdom verkies tot die stadsraad van Tampere, welke 'n deurbraak in haar politieke loopbaan was.[6][16] Sy was vanaf 2013 tot 2017 die voorsitter van die stadsraad. Tydens die Finse munisipale verkiesings van 2017 was sy weer tot die stadsraad verkies.[17] Sy is ook 'n lid van die Vergadering van die raad van die Tampere-streek.[1] Sy was ook vanaf 2013 tot 2016 'n lid van die Pirkanmaa-streeksraad.[9]
Marin was in 2014 tot adjunk-voorsitter van die Sosiale Demokrate verkies.[1] Tydens die 2015 Finse parlementêre verkiesing was sy op 30-jarige ouderdom as lid van die parlement van Finland verkies as LP van die Pirkanmaa kiesafdeling of - distrik.[18][19] Sy is vier jaar later weer verkies tydens die 2019 Finse parlementêre verkiesing.[20] Sy het op 6 Junie 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasies geword.[1]
In Desember 2019 is sy deur die Sosiale Demokrate genomineer om Antti Rinne as eerste minister van Finland op te volg. Rinne is wyd gekritiseer oor die wyse waarop hy 'n staking van die posdienste hanteer het; maar sou tot ten minste Junie 2020; wanneer 'n partykonvensie gehou word; die formele leier van die Sosiale Demokrate bly.[21][8] Sy is met 'n meerderheidstem bo haar teenstander, Antti Lindtman, verkies. Daar is wyd gerapporteer dat Sanna Marin aan die hoof van die regering sal staan, wat gevorm is deur 'n koalisie van vyf partye waarin 12 uit 18 ministers in die kabinet vroue sal wees.[22][23]
Marin en die Sosiale-Demokrate is tydens Finland se algemene verkiesing wat op 2 April 2023 plaasgevind het verslaan. Die SDP sal na verwagting 43 van die 200 parlementêre setels wen – drie meer as in die vorige verkiesing, maar net genoeg vir derde plek. Die SDP se vennote wat deel vorm van die sentrum-linkse koalisie het almal swakker gevaar as tydens 2019 se algemene verkiesing.
Die sentrum-regse Nasionale Koalisieparty (NKP), gelei deur die 53-jarige Petteri Orpo, het die stem met 'n geprojekteerde 48 setels gewen. Die NKP het in 2019 derde geëindig, maar sal nou die eerste poging gegun word om 'n nuwe regering te vorm. Die anti-immigrasie, nasionalistiese Finne-party het sy posisie as die tweede grootste groep in die parlement behou, nadat hulle na raming 46 setels gewen het, teenoor 37 in 2019.
Ontleders meen Marin se regering het steun verloor, ten spyte van haar persoonlike gewildheid, deur die nasionale skuld te laat ophoop. Die nasionale skuld het 70% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) verbygesteek sedert Marin aangestel is. Die skuldkwessie is volgens ontleders deur ongeveer een vyfde van die kiesers in meningspeilings as die belangrikste kwessie aangewys.[24]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.