Samuel Bankman-Fried
Amerikaanse entrepreneur en belegger wat skuldig bevind is aan bedrog From Wikipedia, the free encyclopedia
Amerikaanse entrepreneur en belegger wat skuldig bevind is aan bedrog From Wikipedia, the free encyclopedia
Samuel Bankman-Fried[1] (gebore op 6 Maart 1992[2]), ook bekend onder sy voorletters SBF,[3] is 'n Amerikaanse entrepreneur en belegger. Hy is die stigter en voormalige uitvoerende hoof van FTX 'n kriptogeld-beurs;[4][5] FTX.US, sy Amerikaanse geaffilieerde;[6] en Alameda Research, 'n kwantitatiewe kriptogeldeenheid-handelsfirma. FTX het laat in 2022 'n insolvensiekrisis ervaar, wat gelei het tot 'n ineenstorting in FTX se eie kripto-geldeenheid, FTT. Te midde van die krisis het Bankman-Fried aangekondig dat hy sy bedrywighede by Alameda Research gaan beëindig en bedank as HUB van FTX, wat aansoek gedoen het vir Hoofstuk 11-bankrotskap.[7]
Bankman-Fried se netto waarde het 'n hoogtepunt bereik van $26 miljard.[8] In Oktober 2022 het hy 'n geraamde netto waarde van $10,5 miljard gehad.[9] Op 8 November 2022 te midde van FTX se insolvensiekrisis is sy netto waarde egter na raming 94% in 'n dag gedaal tot $991.5 miljoen, volgens die Bloomberg Billionaires Index, die grootste eendagdaling in die indeks se geskiedenis.[10][11] Teen 11 November 2022 het die Bloomberg Billionaires Index beskou dat Bankman-Fried geen materiële rykdom het nie [12] Voordat Bankman-Fried se rykdom in November 2022 geërodeer het, was Bankman-Fried 'n groot skenker aan die Demokratiese Party en ten bate van baie linkse politieke doelstellings.[13][14] Hy was die tweede grootste individuele skenker aan Joe Biden in die 2020-verkiesingsiklus, en het persoonlik $5.2 miljoen geskenk[15][16] en het $40 miljoen geskenk tydens die 2022 Amerikaanse middeltermynverkiesing.[17]
Op 12 Desember 2022 is Bankman-Fried in die Bahamas gearresteer, en later uitgelewer aan die Verenigde State.[18] In die hofsaak Verenide State v. Bankman-Fried, is hy skuldig bevind aan al sewe aanklagte van bedrog, sameswering en geldwassery.[19] Op 28 Maart 2024 is hy tot 25 jaar tronkstraf gevonnis en beveel om $11 miljard te verbeur.[20][21][22]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.