Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Geldwassery is die uitvoer van transaksies om die herkoms van onwettig verkrygde geldsomme te verberg. Die doel van geldwassery is om dié geld te kan bestee en belê sonder dat daar bewys kan word dat dit van kriminele oorsprong is, en om te voorkom dat die geld deur die gereg in beslag geneem kan word.
Dit gaan hier om geld, of andere bates, wat van kriminele aktiwiteite afkomstig is, soos byvoorbeeld met dwelmhandel, mensehandel, diefstal en bedrog. In sommige lande is die lys van sogenaamde basismisdrywe (misdrywe wat uiteindelik tot straf weens geldwassery kan lei) beperk tot slegs 'n sekere aantal, terwyl in ander lande alle misdrywe aanleiding tot vervolging weens geldwassery kan veroorsaak.
Oor die algemeen word by geldwassery tussen drie fases onderskei:
By geldwassery word 'n verskeidenheid metodes toegepas.
Iemand wat 'n fortuin met dwelmhandel verdien het, sou die volgende metodes kon toepas:
Transaksies wat daarby 'n rol speel:
'n Ander metode om die oorsprong van geld te verberg is die misbruik/gebruik van die regspersoon (korporasie) self. Die (boekhoukundige) strukture van 'n korporasie kon gebruik word om krimineelverkrygde geld in te spuit.
Geldwassery via 'n fiktiewe verhoging van omset is baie moeilik om op te spoor. Dit vereis 'n permanente vergelyking van die aantal kliënte met die gegewe aantal verkope. Wie ken nie die voorbeeld van 'n restaurant wat heeldag leeg staan maar tog bly voortbestaan nie?
'n Metode wat soms gebruik word om geld te was, is die koop en weer inruil van kasinoskyfies in 'n dobbelhuis. Die eienaar van die geld verklaar dat hy die geld wettiglik met dobbel gewen het.
Verder kan vals fakture uitgereik word. Die ontvanger van die geld beweer dat daar goedere of dienste voor gelewer is, wat in werklikheid nooit gebeur het nie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.