Remove ads
Suid-Afrikaanse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Samuel Johannes de Beer, gebore op 19 Augustus 1944 in Johannesburg, is 'n Suid-Afrikaanse politikus, agtereenvolgens lid van die Nasionale Party (tot 1998), van die United Democratic Movement (1998-2001) en daarna van die African National Congress (sedert 2001). Sam de Beer was die Minister van Behuising (1989-1991) en daarna Minister van Onderwys en Opleiding (1991-1993) in die kabinet van F.W. de Klerk.
Sam de Beer | |
Minister van Onderwys en Opleiding | |
Ampstermyn 1991 – 1994 | |
President | F.W. de Klerk |
---|---|
Minister van Behuising | |
Ampstermyn 1989 – 1991 | |
President | F.W. de Klerk |
Adjunkminister van Onderwys en Ekonomiese Ontwikkeling | |
Ampstermyn 1984 – 1989 | |
President | P.W. Botha |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Samuel Johannes de Beer 14 Augustus 1944 Johannesburg |
Politieke party | Nasionale Party(tot 1998) United Democratic Movement (1998-2001) African National Congress (2001–) |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Met 'n BA in Teologie aan die Universiteit van Pretoria, was Sam de Beer 'n lid van die Afrikaanse Studentebond, 'n Afrikaner-studentevereniging, en het van 1965 tot 1967 op sy nasionale raad gedien.
Hy was voorsitter van die Kultuurraad van die stad Springs van 1972 tot 1974 en was 'n lidmaat van die NG Kerk, eers in Magaliesburg en toe van 1969 tot 1974 in Springs.
Hy was lid van die raad van die buitestedelike gebied van Magaliesburg (1971) en is in 1974 verkies tot die parlement vir die kiesafdeling Geduld.
Van 1982 tot 1984 was hy voorsitter van die Nasionale Party se afdelingsraad vir die Oos-Randstreek.
De Beer was Adjunkminister van Onderwys en Ekonomiese Ontwikkeling van 1984 tot 1989 in die kabinet van P.W. Botha, en het op verskillende parlementêre komitees gedien, soos dié oor die wet op gemengde huwelike of dié oor onsedelikheid.
Sam de Beer was die Minister van Behuising (1989-1991) in die kabinet van F.W. de Klerk, en later Minister van Onderwys en Opleiding (1991-1994), die ministerie in beheer van skoolonderrig vir die swart bevolking.
In die eerste veelrassige algemene verkiesing van 1994 word hy op die nasionale partylys verkies as lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika (1994 tot 1998). Hy word van 1997 tot 1998 die leier van die Nasionale Party in Gauteng.
In Augustus 1998 sluit hy aan by die United Democratic Movement en word verkies tot die Gautengse vergadering.
In 2001 het hy by die African National Congress aangesluit.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Franse Wikipedia vertaal. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.