From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Río Uruguay (Spaans: [uɾuˈɣwai], Guaraní: Ysyry Uruguái, Portugees: Rio Uruguai [uɾuˈɡwaj]), is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 838 km, is die tweede grootste sytak van die Río Paraná. Die naam van die rivier beteken "Rivier van die kleurvolle voël".
Río Uruguay – Rio Uruguai | |
---|---|
Die Río Uruguay naby Misiones, Argentinië. | |
Die stroomgebied van die Río Uruguay. | |
Oorsprong | Serra Geral, Santa Catarina (Brasilië) |
Monding | Río de la Plata naby Buenos Aires, Argentinië (Atlantiese Oseaan) |
Stroomgebied | Brasilië, Argentinië en Uruguay |
Lengte | 1 838 km (1 140 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 1 800 m (5 906 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 5 500 m³/s (194 000 ft³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 365 000 km² (140 000 myl²)[2] |
Kaart van die Río de la Plata-bekken in Suid-Amerika. |
Die Río Uruguay ontspring in die Brasiliaanse Bergland in die deelstaat Santa Catarina. Dit vorm aansluitend die grens tot die deelstaat Rio Grande do Sul en later die grens tussen Argentinië en Brasilië. Op die laaste 300 km vorm die rivier die grens tussen Argentinië en Uruguay, wat sy naam van die rivier aflei: "Republiek Oos van die Uruguay". Saam met die Río Paraná mond die rivier uit in die Rio de la Plata, wat naby Buenos Aires in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.