Robin Auld (1959-) 'n Suid-Afrikaanse populêre sanger wat in 1982 met die album At the Corner gedebuteer het. In 1992 ontvang hy 'n Sama-toekenning vir die album Love Kills. Sy treffers sluit in Baby You've Been Good to Me en All of Woman. Deesdae woon hy in Engeland en toer gereeld in Suid-Afrika.[1]
Robin Auld | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Robin Morton Auld |
Gebore | 1959 Lusaka, Zambië |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Kitaar harmonika |
Jare aktief | 1982 – nou |
Assosiasies | Z-Astaire |
Webwerf | robinauld.co.za |
Auld is in 1959 van Skotte ouers in Lusaka, Zambië, gebore. Sy pa was 'n landdros en sy ma 'n verpleegsuster. Na drie jaar in die Zambiese kopergordel trek hulle na Sesheke naby Livingstone, op die Zambezirivier.[2] Ná sy ouers se egskeiding in 1970 verhuis hy saam met sy ma en broer na Kaapstad in Suid-Afrika. Hulle het hulself in die Valsbaai-gebied gevestig, waar hy beide laer- en hoërskole in Vishoek bygewoon het.
Hy leer kitaar speel en tree saam met 'n paar musiekgroepe op voordat hy begin sing en liedjies skryf. In 1982 stel Warner Brothers sy eerste solo-album, getiteld At the Corner, vry. Die album is deur Kevin Shirley vervaardig, wat ook 'n verdere drie albums vir Auld en sy groep Z-Astaire vervaardig het. Hierdie vennootskap het vyf radiotreffers, insluitend Baby You've Been Good to Me en All of Woman, opgelewer.
In 2000 publiseer Auld sy eerste roman, Tight Lines. Dit vertel die verhaal van 'n visvangekspidisie deur die oë van 'n afvallige tiener. Hy het ook 'n digbundel, Kelp, in 2006 gepubliseer. Die digbundel bevat temas betreffende die see, Suid-Afrikaanse kultuur en die mens se ontwrigting van die natuur.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.