Reitz

From Wikipedia, the free encyclopedia

Reitzmap

Reitz is tussen Bethlehem en Frankfort op die roete na die Witwatersrand geleë.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Reitz
Thumb
Die kerkgebou van die NG gemeente Reitz
Thumb
Reitz
 Reitz se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°48′S 28°26′O
Land Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyane
MunisipaliteitNketoana
Stigting1890[1]
Oppervlak
  Totaal25,7 km2 (9,9 vk. myl)
Hoogte
1 630 m (5 350 ft)
Bevolking
 (2011)[2]
  Totaal20 183
  Digtheid785/km2 (2 030/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense9.1%
  Indiërs/Asiërs0.2%
  Bruin mense0.3%
  Swart mense90.0%
  Ander0.4%
Taal (2011)
  Sotho 66.9%
  Zoeloe 19.9%
  Afrikaans 9.2%
  Gebaretaal 1.1%
  Ander 3.0%
Skakelkode058
Sluit

Geskiedenis

Thumb
Pres. F.W. Reitz na wie die dorp in 1894 genoem is.
Thumb
Ds. J.P. van der Spuy was van sy toetrede tot die bediening in 1904 tot sy aftrede in 1946 die NG gemeente Reitz se leraar. Hy was ook moderator van die Vrystaatse Kerk van 1937 tot 1948.

Die dorp in die Oos-Vrystaat is gestig op die plaas Stompkop, wat hoofsaaklik 'n handelspos en uitspanplek vir transportryers was. Die dorp was eers Singerspost genoem na 'n sekere Singer wat 'n winkel hier geopen het. Die dorp is toe Amsterdam genoem nadat die eerste erwe in 1884 uitgelê is, maar die naam is verander na Reitz na die besoek van President F.W. Reitz in 1889. Munisipale status het in 1903 gevolg. Toe die Rebellie van 1914 uitgebreek het, het die meeste van Reitz se boere by die opstand aangesluit. Die spoorlyn het die dorp in 1910 bereik. Die merkwaardige NG kerkgebou is ontwerp deur die beroemde Afrikaanse argitek Wynand Louw.

Distrik

Die dorp is in die hart van die mieliedriehoek en die distrik is 2 678 km2 groot. Koring word ook verbou en bees- en skaapboerdery word ook beoefen.

Tweede Vryheidsoorlog

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was die regering vir 'n tydlank in die dorp gesetel. In 1901 het president MT Steyn en sy senior personeel hier gewerk. Op die nag van 29 Julie het 'n berede Britse kompanie die dorp onverwags binnegery en 29 Boereoffisiere en die Vrystaat se skatkis gevange geneem. Die president het daarin geslaag om te ontsnap.

Boorlinge

Sien ook

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.