fiktiewe karakter wat deur die Afrikaanse kinderboekskryfster Verna Vels geskep is From Wikipedia, the free encyclopedia
Liewe Heksie is ’n fiktiewe karakter wat deur die Afrikaanse kinderboekskryfster Verna Vels geskep is. Haar regte naam is Levinia. Die karakter is ’n onbeholpe heksie wat saam met haar vriende in Blommeland woon. Die storielyn draai om Heksie se onvermoë om haar magte te beheer en haar naïwiteit wat ander mense dikwels as domheid bestempel.
Liewe Heksie | |
Geskep deur | Verna Vels |
---|---|
Geregisseer deur | Louise Smit Dalene Kotzé |
Openingstema | "Hulle noem haar Liewe Heksie" |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Aantal seisoene | 2 |
Aantal episodes | 52 |
Produksiemaatskappy | SAUK |
Verspreider | SAUK TV1 |
Ander karakters is:
’n Kennelike storielyn van die reeks begin met Liewe Heksie wat iets wil regkry met haar magte, waarna die Geel Heks ’n nuwe plan beraam om Blommeland in te val en daar ’n reeks voordelige ongelukke ingespan word om haar te fnuik. Soms word Griet se magiese kragte ingespan wanneer Heksie ’n fout maak en per ongeluk sy sleutelwoorde sê (die woorde “O Griet” word baie sterk met Liewe Heksie assosieer). Dikwels berus die redding van Blommeland op die Silwer Roos, ’n magiese roos wat die paleis bewaak.
Die reeks het begin as ’n stel boeke vir kinders, maar is later op radio uitgesaai en met marionette verfilm vir ’n baie populêre SAUK-televisie reeks.
Liewe Heksie boeke (1960’s-70’s) geïllustreer deur Dorothy Hill
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.