From Wikipedia, the free encyclopedia
Rahonavis (van die Malagassiese rahona, "wolk" of "bedreiging", en die Latynse avis, "voël") is 'n genus voëlagtige teropode uit die laat Kryt, sowat 70 miljoen jaar gelede, van wat nou Noordwes-Madagaskar is. Dit is bekend van 'n gedeeltelike skelet wat in 1995 deur die Amerikaanse paleontoloog Catherine Forster en haar kollegas naby Berivotra in die provinsie Mahajanga ontdek is.[1]
Rahonavis | |
---|---|
'n Gerestoureerde skelet. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klade: | Dinosauria |
Klade: | Saurischia |
Klade: | Theropoda |
Klade: | Paraves |
Genus: | †Rahonavis Forster et al., 1998 |
Tipespesie | |
†Rahonavis ostromi Forster et al., 1998 | |
Sinonieme | |
|
Rahonavis was 'n klein roofdier, sowat 70 cm lank en met 'n gewig van 0,45-2,27 kg.[2] Dit het die tipiese opgeligte sekelklou van die Velociraptor aan die tweede toon gehad. Dit was die eerste selurosouriër wat in Afrika ontdek is tot met die ontdekking van die Nqwebasaurus in 2000.
Die spesienaam, R. ostromi, is ter ere van die Amerikaanse paleontoloog John Ostrom.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.