Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die R62 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Ashton met Humansdorp verbind en kan in ’n oostelike- en ’n westelike gedeelte verdeel word. Die westelike gedeelte begin by Ashton en gaan oor die Kogmanskloofpas na Montagu. Hierna betree die roete die Klein Karoo en gaan deur Barrydale, Ladismith, oor die Huisrivierpas, deur Calitzdorp en Oudtshoorn. Die westelike gedeelte is bekend vir sy wyne. [1]
Provinsiale roete R62 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur WKDVOW en OKDPOW | ||||
Lengte | 504 km (313 mi) | |||
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | R60 naby Ashton | |||
N12 in Oudtshoorn N9 / N12 naby Holgate N9 naby Uniondale N2 naby Humansdorp | ||||
Oospunt | R102 naby Humansdorp | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Ashton Montagu Barrydale Ladismith Calitzdorp Oudtshoorn Joubertina Kareedouw Humansdorp | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Hiervandaan is die R62 medebeskryf vir 33 kilometer met die N12 vanaf Oudtshoorn na die t-aansluiting met die N9 net onder die Outeniquapas en dan vir 71 kilometer met die N9 na Potjiesbergpas naby Uniondale. Hier draai die R62 af en die oostelike gedeelte begin.
Die R62 gaan nou deur die Langkloof: Avontuur, Haarlem, Misgund, Louterwater, Krakeelrivier, Joubertina, Kareedouw en sluit aan by die N2-nasionale pad. Die oostelike gedeelte is bekend vir die sagtevrugte wat hier gekweek word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.