Benedictus XIV was die 247ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 17 jaar, 9 maande en 17 dae, van 1740 tot 1758. Hy word gesien as die grootste pous uit die 18de eeu.[1] Hy het 'n groot aantal briewe en ensiklieke geskrywe. Vir die twee teenpouse met dieselfde naam sien Teenpous Benedictus XIV.
Pous Benedictus XIV[2][3] is gebore as Prospero Lorenzo Lambertini (ook Prosper Lambertini) op 31 Maart1675 in Bologna, Italië. Hy stam uit 'n adellike familie, sy pa was Marcello Lambertini en sy ma Lucrezia Bulgarini. Hy kry sy skoolopleiding by die Somaschi priesters in Bologna. Vanaf 1688 studeer hy retorika, filosofie en teologie aan die "Collegium Clementinum" in Rome. Op 11 September1694 behaal hy sy doktorsgraad aan die La Sapienza universiteit in Rome, hy was toe 19 jaar oud. Op 12 Junie1724 word hy titulêr biskop van Theodosia. Op 9 Desember1726 word hy kardinaal en op 20 Januarie1727 word Lambertini aartsbiskop van Ancona, daarna kardinaal-priester van Santa Croce in Gerusalemme op 10 Mei1728 en op 30 April1731 aartsbiskop van Bologna en raadgewer van Pous Clemens XII. Op 17 Augustus1740 volg hy Pous Clemens XII op en word gekroon op 21 Augustus1740 deur kardinaal Carlo Maria de' Marini. Hy regeer tot sy dood op 3 Mei1758 en word opgevolg deur Pous Clemens XIII.
Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'.
Na 'n moeisame konklaaf van meer as ses maande word Lambertini verkies as Pous Benedictus XIV.[4] Sy pontifikaat is gekenmerk deur groot hervormingsgesindheid. Hy hervorm veral die opleiding van priesters en die pouslike instellings. Op 22 Desember1741 verbied hy in die bul "Immensa Pastorum pricipis" die verslawing van die inheemse volke van Amerika (Indiane). In die ritestryd tussen die Jesuïte aan die een kant en die Franciskane en Dominikane aan die ander kant kies hy die kant teen die Jesuïte. Hy verbied in die bulle "Ex quo singulari" van 11 Julie1742 en "Omnium sollicitudinum" die Chinese rites en die verering van voorvaders en Confusius. Baie Chinese bekeerlinge het die Roomse Kerk toe verlaat. Die verbod is later deur Pous Pius XII in 1939 aangepas. In sy bul "De servorum Dei Beatificatione" bevestig hy die bemiddelaar rol van Maria. Hy is die eerste pous die ensiklieke gebruik. In sy ensikliek "Allatae sunt" van 26 Julie1755 steun hy egter die Unitate om hulle eie Oosterse rites te behou. Op 16 Oktober1756 veroordeel hy in die bul "Ex Omnibus" die gebruik om die sakrament van die sterwendes te weerhou van Franse geestelikes wat hulle nie by die bul "Unigenitus" (teen die Jansenisme) neer lê nie.
In die pouslike staat verminder hy die belastingdruk, moedig die landbou aan en steun vryhandel. In die stryd met die wêreldlike owerhede oor wie biskoppe mag aanstel tree hy versoenend op. Hy doen baie toegewings in die konkordate van Napels (1741), Spanje (1753) en Oostenryk (1757). Hy erken ook Frederik II van Pruise as koning.
Die opkoms van 'n stedelike bestuurselite naas die ou feodale adel het dit noodsaaklik gemaak om die bestuur van stede te verander. Op 12 Januarie1746 vaardig die pous sy bul "Urbem Romanam" uit wat 'n streng adelstatuut bevat en vandag (2011) nog geld in Rome.
Benedictus was die eerste pous wat die huwelik tussen katolieke en protestante erken het. Die bul "Benedictina" van 4 November1741 verklaar sulke huwelike geldig. Die pous was oral gewild, ook by protestante. Voltaire het sy toneelstuk Mohammed aan hom opgedra en Charles Montesquieu het by hom dispensasie vir die vastyd gekry. Hy het streng reëls vir heiligverklarings opgestel wat tans (2011) nog gebruik word en het ook die heiligekalender hersien en die aantal heiligefeeste beperk.
Benedictus was sy lewe lank aktief as geleerde en het verskeie akademies opgerig. Hy het 'n aantal wetenskaplike werke geskrywe, waaronder "De beatificone et canonisatione", "De synode diocesana", "Opera" (in 17 dele) en "Opera inedita".
Die kollege van kardinale
Pous Benedictus XIV het 64 nuwe kardinale aangestel in sewe konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.
2 Augustus1757 – Quam grave – Teen die opdra van die Mis deur nie-priesters.
Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Bettanini, A. M. (1931), Benedetto XIV. e la repubblica di Venezia, Milaan.
Caraccioli, Louis-Antoine (1766 en 1783), La vie du Pape Benoît XIV, Luik (1766) en Parijs (1783).
Hermans, J. (1979) Benedictus XIV en de liturgie: een bijdrage tot de liturgiegeschiedenis van de Moderne Tijd, Brugge, Emmaus.
Morelli, R. (1959), La figura e l'opera di Benedetto XIV
Pederzini, Novello. (1961), L'apporto di papa Benedetto XIV. alla dottrina e alle disciplina del matrimonio, Rome
Raybaud, Léon Pierre. (1963), Papauté et pouvoir temporel sous les pontificats de Clément XII et Benoît XIV
Valenti, Tommaso (1938), Papa Lambertini umoristico, Rome
Healy, P. (1907). Pope Benedict XIV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Maart 16, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/02432a.htm
Kitsfeite
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: