'n Dominee (afkorting: ds. of V.D.M.) of predikant is 'n persoon wat 'n protestantse gemeente op geestelike vlak bedien en lei.

Thumb
Ds. Jan Momsen lei die erediens in die NG gemeente Rondebosch op 11 September 2011, 'n dag nadat die gemeente sy 120ste bestaan gevier het.
Thumb
Ds. Abraham Kriel, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en stigter van die Langlaagte-kinderhuis in Johannesburg wat ná sy dood sy naam gekry het.

Die woord dominee is afgelei van die aanspreekvorm domine vanaf die Latynse dominus wat heer beteken. Dominee is dan ook 'n aanspreektitel, net soos professor die aanspreektitel vir 'n hoogleraar is. Vir die aanduiding van die beroep word die woord 'predikant' gebruik.

Tipiese take wat predikante verrig sluit in:

  • Lewer preke op Sondae en by ander gewyde geleenthede;
  • Bedien sakramente, soos die doop en nagmaal;
  • Doen huisbesoek, hospitaalbesoek, ens.;
  • Bevestig mense in die eg;
  • Doen berading en huweliksvoorligting.

Sien ook

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.