Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Gemeente is in Protestantse tradisie 'n plaaslike geloofsgemeenskap. Die nasionale kerkverband word meestal met die term kerk aangedui, byvoorbeeld Nederduitse Gereformeerde Kerk. In die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika word egter gewoonlik na elke plaaslike groepering as 'n kerk verwys omdat, volgens dié kerkverband, "elke plaaslike kerk (gemeente) 'n komplete openbaring van die liggaam van Christus is".[1] Vandaar die meervoudsvorm "Kerke" in die genootskap se naam.
Die begrip gemeente het verskillende betekenisse in verskillende lande en tale. In Suid-Afrika (Afrikaans) het die begrip 'n godsdienstelike (kerklike) verbintenis.
In Nederland word 'gemeente' gebruik om na 'n munisipaliteit te verwys. Ook in Duitsland (Duits) word die begrip 'Gemeinde' gebruik vir 'n oord, stad, dorp, dog ook vir 'n Christelike kerkgemeenskap.
Die Nederlandse woord "gemeente" word gewoonlik in Afrikaans vertaal as "munisipaliteit" of "munisipale gebied". Die Afrikaanse woord "gemeente" sal 'n mens in Nederlands vertaal met "parochie" of "kerkgemeente".
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.