From Wikipedia, the free encyclopedia
Peter David Robinson (* 29 Desember 1948) is 'n Noord-Ierse politikus wat tussen 2008 en 2016 die ampte van eerste minister van Noord-Ierland en leier van die Demokratiese Unionisteparty (DUP) beklee het. Hy is sedert 1970, toe hy saam met Ian Paisley een van die stigtingslede van die DUP geword het, aktief betrokke in die Noord-Ierse politiek.
Peter Robinson | |
Peter Robinson in 2011 | |
Eerste Minister van Noord-Ierland | |
Ampstermyn 5 Junie 2008 – 11 Januarie 2016 | |
Vise | Martin McGuinness |
---|---|
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Ian Paisley |
Opgevolg deur | Arlene Foster |
Leier van die Demokratiese Unionisteparty | |
Ampstermyn 31 Mei 2008 – 17 Desember 2015 | |
Vise | Nigel Dodds |
Voorafgegaan deur | Ian Paisley |
Opgevolg deur | Arlene Foster |
Minister van Finansies en Personeel | |
Ampstermyn 8 Mei 2007 – 5 Junie 2008 | |
Eerste minister | Ian Paisley |
Voorafgegaan deur | Sean Farren |
Opgevolg deur | Nigel Dodds |
Minister vir streeksontwikkeling | |
Ampstermyn 24 Oktober 2001 – 11 Oktober 2002 | |
Eerste minister | Reg Empey David Trimble |
Voorafgegaan deur | Gregory Campbell |
Opgevolg deur | Conor Murphy |
Ampstermyn 29 November 1999 – 27 Julie 2000 | |
Eerste minister | David Trimble |
Voorafgegaan deur | Nuwe Amp |
Opgevolg deur | Gregory Campbell |
Lid van die Noord-Ierse Parlement vir Belfast East | |
Ampstermyn 25 Junie 1998 – 7 Mei 2016 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe Kiesafdeling |
Opgevolg deur | Joanne Bunting |
Lid van die Britse Parlement vir Belfast East | |
Ampstermyn 3 Mei 1979 – 12 April 2010 | |
Voorafgegaan deur | William Craig |
Opgevolg deur | Naomi Long |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 29 Desember 1948 Belfast, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Demokratiese Unionisteparty |
Eggenoot/-note | Iris Collins (1970–hede) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Castlereagh College |
Religie | Elim Pentecostal Kerk |
Robinson het as Paisley se parlementêre assistent in Westminster gedien voordat hy in 1975 die DUP se sekretaris-generaal geword het, 'n pos wat hy tot en met 1979 beklee het en waardeur die geleentheid gekry het om ongekende invloed in die Unionisteparty uit te oefen. In 1977 is Robinson as raadslid van die Castlereagh Borough Council in Dundonald verkies en het in die algemene Britse verkiesing in 1979 'n naelskraap oorwinning in die Belfast-Oos-kiesafdeling behaal wat van hom die jongste afgevaardigde in die Britse Laerhuis gemaak het. Toe hy in die algemene verkiesing in 2010 verslaan is, was hy die parlementslid wat 'n Belfast-kiesafdeling vir die langste ononderbroke tydperk sedert die Uniewet van 1800 in die Laerhuis verteenwoordig het.
In 1980 is Robinson as adjunkleier van die DUP verkies. Toe selfregering vir Noord-Ierland deur die Noord-Ierse Vergadering ná die onndertekening van die Goeie Vrydagooreenkoms heringestel is, het Robinson in 1998 as afgevaardigde vir die Belfast-Oos-kiesafdeling 'n setel in die Noord-Ierse Vergadering gewen. Hy het vervolgens as minister vir streeksontwikkeling en as minister van finansies en personeel in die Noord-Ierse regering gedien. Op 15 April 2008 is Robinson eenparig as opvolger van Ian Paisley tot die pos van DUP-leier verkies. Vanaf 5 Junie van dié jaar het hy ook as eerste minister van Noord-Ierland fungeer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.