From Wikipedia, the free encyclopedia
Paul Sabatier (5 November 1854 - 14 Augustus 1941) FRS[2] was 'n Franse chemikus, gebore in Carcassonne. In 1912 word Sabatier saam met Victor Grignard met die Nobelprys vir Chemie vereer. Sabatier is vereer vir sy werk om die hidrogenering van organiese spesies in die teenwoordigheid van metale te verbeter.
Paul Sabatier | |
---|---|
Gebore | Carcassonne, Frankryk | 5 November 1854
Sterf | 14 Augustus 1941 (op 86) Toulouse, Frankryk |
Werkgebied | Anorganiese chemie |
Werkplekke |
|
Alma mater |
|
Doktorale adviseur | Marcellin Berthelot[1] |
Bekend vir | Heterogene katalise |
Pryse |
|
Vanaf 1874 studeer Sabatier aan die École Normale Supérieure, waar Louis Pasteur chemie-klasse aangebied het.[1] Hier het Sabatier aan die bopunt van sy klas gegradueer. Hy het in 1880 'n doktorsgraad behaal aan die Collège de France.[3]
In 1883 het Sabatier vir Édouard Filhol opgevolg aan die Fakulteit Natuurwetenskappe, en 'n lang samewerking met Jean-Baptiste Senderens begin, so nou dat dit onmoontlik was om die werk van die twee mense te onderskei. Hulle het gesamentlik 34 aantekeninge gepubliseer in die Accounts of the Academy of Science, 11 memoires in die Bulletin of the French Chemical Society en 2 gesamentlike memoires in die Annals of Chemistry and Physics.[4]
Die metanasie-reaksies[Nota 1] van COx is die eerste keer in 1902 deur Sabatier en Senderens ontdek.[5] Sabatier en Senderen het die Academy of Science se Jecker-prys in 1905 gedeel vir hul ontdekking van die Sabatier–Senderens-proses.[4]
Na 1905 publiseer Senderens en Sabatier enkele gesamentlike werke, miskien as gevolg van die klassieke probleem van erkenning van die verdienste van bydraes tot gesamentlike werk.[4] Sabatier het die grootste deel van sy lewe wetenskapklasse aangebied voordat hy in 1905 tot Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit van Toulouse bevorder is.
Die vroegste navorsing van Sabatier het betrekking op die termochemie van swawel en metaalsulfate, wat die onderwerp was van die proefskrif wat gelei het tot sy doktorsgraad. In Toulouse het hy sy fisiese en chemiese ondersoeke na sulfiede, chloriede, chromate en koperverbindings voortgesit. Hy het ook die oksiede van stikstof en nitrosodisulfonsuur en die soute daarvan bestudeer en fundamentele navorsing gedoen oor verdelingskoëffisiënte en absorpsiespektra. Sabatier het die industriële gebruik van hidrogenasie baie vergemaklik. In 1897, voortbouend op die onlangse biochemiese werk van die Amerikaanse chemikus, James Boyce, het Sabatier ontdek dat 'n klein hoeveelheid nikkel (as katalisator) die addisie van waterstof aan molekules van die meeste koolstofverbindings vergemaklik het.
Die reduksie van koolstofdioksied deur waterstof teen hoë temperatuur en druk is 'n ander gebruik van nikkelkatalisators om metaan te produseer. Dit word die Sabatier-reaksie genoem en word in die Internasionale Ruimtestasie gebruik om die nodige water te produseer sonder om op die aarde te vertrou.[6]
Sabatier is veral bekend vir die Sabatier-proses en sy werke soos La Catalyse en Chimie Organique Organique (Katalise in organiese chemie) wat in 1913 gepubliseer is. Hy het in 1912 die Nobelprys vir Chemie verower saam met sy mede-Fransman Victor Grignard.[3]
Hy is ook bekend vir die Sabatier-beginsel van katalise. Die beginsel is 'n kwalitatiewe konsep in heterogene chemiese katalise en bepaal dat die wisselwerking tussen die katalisator en die substraat 'net reg' moet wees; dit wil sê, nie te sterk of te swak nie. As die interaksie te swak is, sal die molekuul nie aan die katalisator bind nie en sal geen reaksie plaasvind nie. Aan die ander kant, as die interaksie te sterk is, kan die produk nie dissosieer nie.[7]
Sabatier is getroud en het vier dogters gehad, waarvan een met die Italiaanse chemikus Emilio Pomilio getroud is.[3]
Die Paul Sabatier-universiteit in Toulouse is ter ere van hom vernoem. Hy was 'n medestigter van die Annales de la Faculté des Sciences de Toulouse (Annale van die Fakulteit Natuurwetenskappe van Toulouse), saam met die Nederlandse wiskundige Thomas Joannes Stieltjes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.