From Wikipedia, the free encyclopedia
Patrick Lambie (17 Oktober 1990, Durban) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het tot 2017 op losskakel gespeel vir die Sharks (in die Superrugbykompetisie) en die Natal Haaie in die Curriebekerreeks. Hy het 57 toetse vir die Springbokke gespeel, meestal op heelagter of losskakel, en gereeld ook as plaasvervanger in dieselfde twee posisies.[1] Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
| |||||
Patrick Lambie op die veld in die Springboktrui | |||||
Volle naam | Patrick Jonathan Lambie | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Pat | ||||
Geboortedatum | 17 Oktober 1990 | ||||
Geboorteplek | Durban, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,78 m | ||||
Massa | 87 kg | ||||
Skool | Clifton Preparatory School Michaelhouse College | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel, heelagter | ||||
Springbokno. | 820 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2017-2018 | Racing 92 | 18 | (60) | ||
korrek soos op 21 Januarie 2019. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2009–2017 | Natalse Haaie | 30 | (329) | ||
korrek soos op 31 Mei 2019. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010–2017 | Sharks | 71 | (757) | ||
korrek soos op 31 Mei 2019. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2008–2016 2010 |
Suid-Afrika Junior Bokke |
57 5 |
(153) (75) | ||
korrek soos op 31 Mei 2019. |
Hy matrikuleer in 2008 by die prestige privaatskool Michaelhouse te Balgowan in die KwaZulu-Natal Middeland. Hy was hoofseun en kaptein van die skool se die eerste krieket- en rugbyspan in sy matriekjaar. Hy speel ook vir die SA Skolespan en was beide KwaZulu-Natal krieket- en Cravenweekkaptein.
Lambie maak sy debuut vir die Springbokke op 6 November 2010 teen Ierland in Dublin. Daarna is hy 'n plaasvervanger in twee Drienasiestoetse en in die beginvyftiental op losskakel teen die All Blacks op 30 Julie 2011. Tydens die Rugbywêreldbeker 2011 het Lambie op heelagter gespeel in al die groepfase wedstryde asook in die kwarteindstryd, waartydens Australië ongelukkig die Springbokke uitgeskakel het.
Lambie se veelsydige spel en sy vyfde plek op die puntetabel in superrugby het bygedra dat hy ingesluit is in die Springbokgroep vir Engeland se toer na Suid-Afrika in 2012. Hy draf op die veld ná rustyd met die telling gelyk op 6-6; daarna verseker hy die Springbokke se oorwinning van 22-17 oor Engeland. Dit was sy twaalfde toets.
Hy word ingesluit as die Springbokke se plaasvervangerheelagter vir die 2012-Rugbykampioenskapreeks. Lambie word heelaas in Augustus 2012 op die reserwebank gehou terwyl Zane Kirchner, die eerstekeuse heelagter, in die twee wedstryde teen Argentinië op die veld is. Op 6 Oktober 2012 verskyn hy in die 64ste minuut op die veld as heelagter teen die All Blacks in die FNB-stadion te Soweto.
Hy word gekies as Springboklosskakel en -stelskopper vir die toer na die Britse Eilande en Ierland gedurende November 2012, en behaal 11 punte in elk van die drie toetse, dus 33 punte op die toer. Patrick Lambie word erken vir sy bestendige en uitsonderlike spel in 2012 deur 'n nominasie as SARU se Speler-van-die-Jaar.
Aan die einde van die 2016-seisoen word hy ook kortstondig die Springbokkaptein, alhoewel dit nie vir 'n amptelike toetswedstryd was nie, maar wel teen die Barbarians.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.