From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Party van die Arbeid (Nederlands: Partij van de Arbeid, PvdA) is 'n Nederlandse sosiaal-demokratiese politieke party wat in 1946 gestig is.
Partij van de Arbeid | |
PvdA | |
Leier | Frans Timmermans |
---|---|
Gestig | 9 Februarie 1946 |
Samesmelting van | Sociaal Democratische Arbeiders Partij, Vrijzinnig Democratische Bond, Christelijk-Democratische Unie |
Hoofkwartier | Partijbureau PvdA, Leeghwaterplein 45, Den Haag |
Jeugvleuel | Jonge Socialisten in de PvdA |
Ideologie | Sosiale demokrasie, derde weg |
Internasionale affiliasie | Progressive Alliance Sosialistiese Internasionaal (waarnemer) |
Amptelike kleure | rooi |
Webblad | pvda.nl |
Die party het kort na die Tweede Wêreldoorlog voortgekom uit die vooroorlogse Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty (SDAP), die Vrysinnig-Demokratiese Bond (VDB) en die klein Christen-Demokratiese Unie (CDU). Sedertdien het dit 'n belangrike rol in die Nederlandse politiek gespeel, veral tydens die kabinette van Willem Drees (1948-58), Joop den Uyl (1973-1977) en Wim Kok (1994-2002). Van 5 November 2012 tot 26 Oktober 2017 het die PvdA met die liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) die Rutte II-kabinet gevorm, daarna was dit in die opposisie teen die regs-sentrale Rutte III-kabinet.
Die politieke leier is Frans Timmermans. In die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 het die Party van die Arbeid saam met GroenLinks 25 setels behaal.
Die Party van die Arbeid is 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.