From Wikipedia, the free encyclopedia
Oviraptorosauria ("eierdief-akkedisse") was ’n groep geveerde Maniraptora-dinosourusse uit die Kryt-periode in wat nou Asië en Noord-Amerika is. Hulle het kenmerkende kort, papegaai-agtige skedels met snawels gehad, met of sonder benerige kamme op die kop. Hulle het gewissel van die grootte van ’n kalkoen tot 8 meter lank en met ’n gewig van 1,4 ton (soos die Gigantoraptor).[1] Hulle en ander Maniraptora-dinosourusse is na verwant aan voëls. Sekere wetenskapliks meen hulle was inderdaad primitiewe, nie-vlieënde voëls.[2][3]
Oviraptorosauria | |
---|---|
’n Replika van die skelet van ’n Caudipteryx zoui. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | Oviraptorosauria (Barsbold, 1976) |
Subgroepe | |
|
Oviraptorosauria | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
| ||||||||||||
Aanvanklik is geglo hulle het eiers gesteel om te eet (vandaar die naam), maar dié teorie geld nie meer nie. Die meeste volledige Oviraptorosauria-fossiele is in Asië ontdek.[4] In Noord-Amerika is hulle dun gesaai.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.