Prempeh II (Otumfuo Nana sir Osei Tutu Agyeman Prempeh II, KBE, omstreeks 1892 - 27 Mei 1970), was die 14de Asantehene, of koning, van die Asjanti. Hy het van 22 Junie 1931 tot 27 Mei 1970 regeer.
Prempeh II | ||
Asantehene | ||
Bewind | 22 Junie 1931 - 27 Mei 1970 | |
Voorganger | Prempeh I | |
Opvolger | Opoku Ware II | |
Koningshuis | Beretuo | |
Gebore | Omstreeks 1892 Kumasi, Asjantiryk | |
Gesterf | 27 Mei 1970 (77-78) Kumasi, Ghana | |
Volle naam | Otumfuo Nana sir Osei Tutu Agyeman Prempeh II |
Biografie
Asantehene Prempeh II is in die Asjantihoofstad, Kumasi, gebore. Hy was vier jaar oud toe Brittanje sy oom, Prempeh I, sy ouma aan moederskant, koningin Yaa Akyaa, en ander familielede in 1896 na die Seychelle verban het.[1] Prempeh I het in 1924 uit bannelingskap teruggekeer en is in Mei 1931 oorlede. Otumfuo Prempeh II het hom opgevolg.
In 1949 het Prempeh II ’n groot aandeel gehad in die stigting van Prempehkollege, ’n vooraanstaande seunskool in Kumasi.[2] Hy het ook ’n groot stuk grond beskikbaar gestel vir die bou van die Kwame Nkrumah-universiteit van Wetenskap en Tegnologie, wat in 1969 ’n eredoktorsgraad aan hom toegeken het. Nadat Asjanti deel van Ghana geword het, is hy in die Ghanese staatsraad aangestel.[3]
Verwysings
Skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.