Die Noordkanaal (Engels: North Channel, soms ook Straits of Moyle of Sea of Moyle; in Ierse en Skotse Gaelies bekend as Sruth na Maoile, in Skots as Sheuch) is die seestraat wat die noordooste van Ierland van Suidwes-Skotland skei. Dit verbind die Ierse See met die Atlantiese Oseaan en maak deel uit van die seegebied wat deur die Internasionale Hidrografiese Organisasie (IHO) amptelik geklassifiseer word as die "Inner Seas off the West Coast of Scotland".[1]

Noordkanaal
Thumb
Ligging van die Noordkanaal
Thumb
Kaart van die Ierse See en die Noordkanaal in die noorde
Koördinate:55°3′N 5°37′W
Ligging:Noord-Ierland en Skotland
Soort:Seestraat van die Atlantiese Oseaan
Lengte:85 km
Breedte:27 km
Eiland/e:Rathlin
Nedersettings:Ballycastle, Bangor, Larne
Thumb
'n Kaart van die Noordkanaal
Thumb
Die Skotse Kintyre-skiereiland met die Mull of Kintyre-vuurtoring, met Noord-Ierland op die horison

Die Noordkanaal se suidelike grens word deur 'n linie gevorm wat die Mull of Galloway met Ballyquintin Point verbind. Die noordelike grens is 'n linie wat Portnahaven met Benbane Head verbind. Die nouste deel van die seestraat is geleë tussen die Mull of Kintyre en Torr Head, met 'n wydte van 13 myl (21 km of 11 nautiese myl). Die diepste gedeelte is Beaufort's Dyke.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.