From Wikipedia, the free encyclopedia
Nûḥ ibn Lamech ibn Methuselah (Arabies: نوح Nūḥ), bekend as Noag in die Ou Testament, word in Islam beskou as ’n profeet van Allah. Hy is ’n baie belangrike persoon in die Islamitiese tradisie omdat hy een van die eerste profete is wat Allah aan die mens gestuur het.[1]
Nūḥ نوح Noag | ||
Islamitiese profeet | ||
Die naam Nûḥ in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "vrede vir hom". | ||
Ander name | Nûḥ ibn Lamech ibn Methuselah | |
Gebore | Mesopotamië | |
Oorlede | Op 950 jaar | |
Laaste rusplek | Graftombe van Noag | |
Bekend vir | Noag se ark | |
Opvolger | Sem | |
Familie | ||
Kinders | Sem, Gam, Jafet en nog ’n seun volgens die Koran |
Noag se sending was om ’n bose wêreld te red wat in sonde verval het. Hy moes vir die mense preek dat hulle afgodery moes los en die Een God moes aanbid.[2] Hulle wou egter nie na Noag luister nie en eindelik het hy opdrag gekry om die ark te bou voor die Sondvloed waarin al die sondige mense dood is – ook Noag se vierde seun (sonder naam) wat in die Koran genoem word.[nota 1]
Noag was 950 toe hy sterf.[3] Daar is ’n hele soera in die Koran wat aan hom gewy en na hom genoem is.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.