Media24-sentrum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Media24-sentrum (tot 25 Julie 2015 die Naspers Sentrum) (Engels: Media24 Centre) is 'n 26 verdieping hoë wolkekrabber in Kaapstad, Suid-Afrika. Die gebou is tussen Heerengracht en D.F. Malan-straat geleë.
Met 'n hoogte van 93 meter is dit tans (2015) die vierde hoogste gebou in die stad. Die gebou is in 1962 voltooi en was destyds die hoogste gebou in die land, asook die vierde hoogste in Afrika.[1] 'n Elektroniese nuusvoer is in 'n stadium teen die gebou vertoon, wat prominent in die nag sigbaar was.
Bekende publikasies wat in die gebou gehuisves word, is onder meer Huisgenoot, Die Son, Die Burger en Landbouweekblad.
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.