Nasionaal-Bolsjewistiese Party
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Nasionaal-Bolsjewistiese Party of NBP (Russies: Национал-большевистская партия, НБП; Natsional-Bolsjewistkaja Partija), ook bekend as Natsbol, was ’n politieke party in Rusland wat nasionale bolsjewisme voorgestaan het.
Remove ads

Die NBP is ’n prominente lid van Die Ander Rusland, ’n koalisie van opposisiepartye. Daar is ook kleiner NBP-groepe in ander lande. In Rusland is die organisasie verbied en dit is nooit amptelik as ’n politieke party geregistreer nie. Sy ledetal het afgeneem sedert dit verbied is.
Die amptelike spreekbuis van die organisasie is die koerant Limonka (Лимонка). Die naam is ’n woordspeling op die naam van die leier, Edoeard Limonof, en is ’n Russiese idioom vir "handgranaat". Dit is gedwing om sy naam te verander nadat die owerheid dit verbied het vir die "aanhitsing van ekstremisme en haat".
Die NBP verkondig die skepping van ’n ryk wat deur Rusland oorheers word en wat die hele Europa en Noord- en Sentraal-Asië insluit.[1] Dit is sterk gekant teen die VSA se buitelandse beleid en glo ’n Eurasiese ryk sal ’n noodsaaklike teenwig skep vir kapitalistiese wêreldoorheersing.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads