Nando's
Suid-Afrikaanse restaurant groep From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrikaanse restaurant groep From Wikipedia, the free encyclopedia
Nando's is 'n restaurantgroep met 'n Portugese/Mosambiekse tema wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Die groep is in 1987 gestig en doen sake in 26 lande op vyf kontinente.[1] Nando's spesialiseer in hoendergeregte met 'n suurlemoen-en-speserye, medium, warm of ekstra warm peri-peri marinade.
Nando's | |
Tipe | Privaatbesit |
---|---|
Gestig | 1987, Rosettenville |
Hoofkantoor | Johannesburg, Suid-Afrika |
Liggings | Takke ook oorsee |
Sleutelpersone | Fernando Duarte en Robert Brozin |
Gebied bedien | Ongeveer 1000 restaurante in 30 lande |
Industrie | Informele uiteet en wegneem |
Produkte | Braaihoender en verwante Portugese geregte |
Bedryfsinkomste | VS$ 650 miljoen in 2012 |
Webwerf | nandos.com |
Nando's het in September 1987 in Johannesburg, Suid-Afrika vir sake geopen. Die eerste Nando's restaurant is geopen toe Robert Brozin en Fernando Duarte die Chickenland-restaurant in Rosettenville, 'n voorstad van Johannesburg, gekoop het. Die naam Nando's verwys na Fernando. Die Portugese kultuur en eetgewoontes is na Johannesburg versprei toe Portugese hul daar gevestig het op soek na goud.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.